Skotse bergfietskampioen sterf skielik

Rab Wardell (Foto: Rab Wardell, Facebook)

Die Skotse bergfietskampioen Rab Wardell (37) is Dinsdag – net twee dae nadat hy ʼn fietsrykampioenskap in Skotland gewen het – in sy slaap oorlede.

BBC berig Wardell het Sondag die manstitel by die Skotse MTB XC-kampioenskap in Dumfries en Galloway verower. Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie.

Dié voormalige Statebondspele-fietsryer het Maandagaand op BBC Scotland se The Nine-program verskyn en beskryf hoe hy ondanks drie pap bande steeds die wedren gewen het.

“Die wedren was ietwat van ʼn ramp, maar ek moet net aanhou doen wat ek doen,” het Wardell op die program gesê.

“Steeds was ek vol vertroue dat ek die voorlopers kon inhaal en wen. Ek het my beste gelewer.”

Wardell het ʼn nuwe rekordtyd opgestel vir die voltooiing van die West Highland Way-wedren in 2020.

Wardell, wat in Glasgow gewoon het, ry bergfiets sedert hy ʼn tiener was.

Sy oorwinning Sondag word beskryf as ʼn “vertoning van ongelooflike veerkragtigheid”.

Die Scottish Cycling-organisasie het gesê dit is “verpletterend” om die dood van Wardell, ʼn voormalige lid van die organisasie, te bevestig.

“Ons het tans baie min inligting, maar ons betuig ons innige medelye met die familie, vriende en almal in ons gemeenskap wat hom geken het,” het die organisasie op Twitter gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sê maar net ·

Jonk en gesond. So hartseer en tragies. Sterkte aan sy familie.

Chantel ·

Sjoe, dis hartseer. Hy was ‘n uitstekende MTB ryer, het hom gereeld gesien op wedrenne wat uitgesaai was

Frans ·

Dit is baie hartseer. Ek sien op ander kanale wonder hulle of dit met die inenting te doen het… Baie vreemd hoeveel jong sportsterre dít oorkom…

annie ·

Sy wil was dalk sterker as sy hart… Baie sportmanne verwaarloos hul gesondheid en gee nie ag op tekens wat dui op griep hetsy simptome wat rus of behandeling vra nie. Sondag is weer die Comrates. Luister na daai stemmetjie. Kyk is ook lekker.

Chantel ·

Absoluut waar en om fiks te wees is nie noodwendig ‘n “pass” vir hartsiektes nie, dis juis dan wat dit nie opvallend is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.