Talle dood toe boot by Tunisiese kus sink

Afrika-vlugtelinge wat hoop om Europa te bereik gebruik meestal Libië se weskus as hoofvertrekpunt. Dié boot vol ontwaterde migrante, afgeneem deur ʼn patryspoort van ʼn skip, is op 30 Junie 2019 deur ʼn Spaanse hulpverleningsgroep gered waar dit naby die Lampedusa-eiland geseil het. (Foto: AP Photo/Olmo Calvo)

Een van die vier Afrika-burgers wat oorleef het toe ʼn boot wat onderweg was Europa toe naby die Tunisiese kus gesink het, het in die hospitaal gesterf.

Die boot het Woensdag naby die kusdorp Zarzis gesink en minstens 65 migrante het verdrink. Die groep het in Mei vanaf Zuwara in Libië vertrek en was op pad Europa toe, toe die voorval gebeur het.

Die drie wat die beproewing oorleef het, is van Mali afkomstig. Reuters berig die vier mense wat gered is, het vertel dit het die boot drie ure geneem om te sink soos dit geleidelik vol water geraak het. Die vier het almal aan ʼn stuk hout vasgehou om bo die water te bly.

“Ons vier mense het op die hout gesit,” het een van die oorlewendes vertel. “Die golwe het teen ons geslaan. Ons het twee dae lank so op daardie stuk hout gesit. Daar was baie dooie mense.”

Afrika-vlugtelinge wat hoop om Europa te bereik gebruik Libië se weskus as hoofvertrekpunt. Baie van die onseewaardige bote waarin hulle reis en wat deur mensehandelaars bedryf word, het al in die see omgeslaan, wat tot die dood van honderde mense gelei het.

ʼn Poging, gelei deur owerhede in Italië in samewerking met die Libiese kuswag, om die smokkelnetwerke stop te sit, het gelei tot ʼn vermindering in die getal mense wat probeer om Europa te bereik. Vrese bestaan egter dat die voortgesette onstabiliteit en gevegte in Libië inwoners kan aanspoor om te probeer om van die kontinent na Europa toe te vlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

schaun ·

Onwettige immigrante wie se lande tot rommel vernietig is nou stroom hulle na Europa om dit ook te vernietig

Dries du Toit ·

Afrika Afrika waar gaan ons heen. Is ons ook oppad om te vlug onder n komende diktatorskap uit.

PJC ·

Ek het geen simpatie met die klomp nie. Hulle maak alles tot niet sover hul gaan en beweeg dan net aan na ń volgende plek waar hul net kan oes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.