Christophe de Margerie (63), die uitvoerende hoof van Total SA, is dood toe sy privaatvliegtuig ʼn sneeuploeg op ʼn aanloopbaan in Rusland getref het.
Plaaslike owerhede het bevestig die ongeluk het Maandagaand by die Vnukovo-lughawe in Moskou plaasgevind. Die bestuurder van die sneeuploeg was glo onder die invloed van alkohol, maar sy prokureur ontken dié bewerings.
Drie Franse bemanningslede is ook in die ongeluk dood toe die die Falcon 50-vliegtuig aan die brand geslaan het.
De Margerie, wat ook as die “Groot Snor” bekend gestaan het, was op pad na Parys toe die ongeluk plaasgevind het.
In rusland word jy nie gevang vir dronkbestuur nie, hul noem dit lekker dryf.