Alles vir Woensdag 22 Oktober 2014

Puk SR-voorsitter skryf ʼn ope brief aan die media

In die afgelope jaar is baie uitsprake, aantygings en beskuldigings gemaak teen die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus wat bygedra het tot wanpersepsies oor die ware gebeure in ons studentegemeenskap. Met alles wat al gesê is oor ons kampus, is dit nou nodig dat Suid-Afrika sal weet hoe ons as studente hieroor voel, skryf Monica van Schalkwyk, SR-voorsitter van die NWU se Potchefstroomkampus.