ʼn 12 uur lange skietstilstand het Saterdag om 05:00 tussen Israel en Hamas in die Gasastrook in werking getree.
Honderde mense het al in die konflik omgekom. Dit is vandag die 19de dag van die konflik.
Israel en die Islamitiese beweging het tot die tydelike stilstand ingestem. John Kerry, Amerika se minister van buitelandse sake, kon Vrydag tydens gesprekke nie ʼn volhoubare vredesooreenkoms bewerkstellig nie.