Vermaarde oud-krieketkaptein sterf

Die oud-Engelse Krieketkaptein, Ray Illingworth. (Foto:

Die voormalige Engelse krieketkaptein Ray Illingworth is in die ouderdom van 89 oorlede. Hy het ten tye van sy dood radioterapie vir kanker ondergaan.

Yorkshire, die gebied waar hy gewoon het, het in ʼn Twitterplasing hul hartseer oor sy dood gedeel.

Illingworth het tussen 1958 en 1973 altesaam 61 toetsreekse vir Engeland gespeel, waarvan hy in 31 as kaptein gedien het. Hy het 12 wedstryde vir Australië gewen en ook die Reeks van die As in 1970-’71 ingeoes.

“Illingworth se grootste gawe as kaptein was sy vermoë om die illusie te skep dat daar 14 of 15 spelers gelyk op die veld is, so goed het sy span enige bal gekeer,” het die spesialis-krieketwebwerf Cricinfo geskryf.

Hy was ʼn uitnemende kolwer én bouler en het tydens sy loopbaan 1 836 toetslopies aangeteken en 122 paaltjies gevat. Hy het later die Engelse krieketspan help kies en afrig.

Illingworth se vrou, Shirley, is self vroeër vanjaar aan kanker oorlede en Illingworth was tydens haar stryd ʼn groot kampvegter vir genadedood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.