Die video volg onderaan die berig. ‘n Viool wat deur die beroemde vioolbouer, Antonio Stradivarius in 1719 gemaak is, en wat as die mees perfekte Stradivarius ooit beskryf word, word later vanjaar in New York opgeveil.
Die veilingshuis Sotheby’s verwag dat die viool, wat Macdonald heet, $33 miljoen gaan haal. Ander bronne meen dit sal $45 miljoen sal haal.
Die viool het onder meer aan Peter Schidlof behoort, wat lid was van die Amadeuz-kwartet. Die Nederlandse maatskappy, Philips, het die viool in 1964 spesiaal vir Schidlof aangekoop, en toe $80 000 daarvoor opgedok.
Bronne: Trouw, New York Times
Wow. Die klank is so mooi.