Dertig ponies moes Dinsdagaand deur die brandweer uit hul weiland buite Ommen in Nederland gered word. Die diere was reeds weens oorvloedige reën tot by hul buik in die water.
Die Vechtrivier het Dinsdag reeds oor sy walle gestroom weens die baie reën in dele van Nederland en Duitsland. Boonop het dit gisteraand in die omgewing van Ommen sowat 70 millimeter gereën, terwyl die gemiddelde reënval vir die gebied 60 millimeter is.
Bronne: Trouw, RTV Oost