Twee skaars wit kameelperde is in ʼn wildreservaat in die ooste van Kenia gewaar.
Business Insider berig plaaslike inwoners het dié ma en kleinding in Junie vanjaar naby die Ishaqbini-bewaringsgebied in Garissa gewaar, maar nie beeldmateriaal van hulle geneem nie.
Bewaarders het die inligting opgevolg en die twee in Augustus weer opgespoor. Wit kameelperde is nog net twee keer vantevore in Kenia en Tanzanië gewaar.
Die Hirola Coservation Program (HPC) het gesê die diere was baie kalm en het nie te veel gepla gelyk met die bewaarders se teenwoordigheid nie. ʼn Video van die diere is al in Augustus op sosiale media geplaas, maar het eers middel September soos ʼn veldbrand begin versprei.
Dié kameelperde lei aan ʼn toestand genaamd leukisme. Dit is nie dieselfde as albinisme nie. Leukisme laat toe dat diere op party dele van hul liggame pigmente kan produseer, maar hulle bly meestal wit.
Dié kameelperde het byvoorbeeld donker oë. Die kleintjie het ook ligbruin kolle oor sy liggaam, maar die HPC glo die kolle sal mettertyd verdwyn.
Weereens soos enige ander bedreigde spesie-ADVERTEER PRESIES WAAR HULLE IS- sodat elke TRIGGER HAPPY WESE nader kan staan om hulle uit te wis
Jy vat die woorde uit my mond uit!
Jy neem die woorde uit my mond!!
Is net soos jy se Tess, here today, gone tomorrow!
Hoekom noem hulle die plek!! Volgende keer hoor ons hulle is dood en word vir muti gebruik!!
Julle moenie se waar die prag diere is nie. Die verkeerde mense lees ook die artikels. Mag hulle tog net in vrede gelaat word.
Gaan hulle die ander kameelperde wie se grond hulle gesteel het, terug gee?
HAHAHAHAHA lekker lag ek nou
Hulle is uitsonderlike pragtige diere, net om na die beeldmateriaal te kyk is `n happy feeling diep in my hart :)
WOW! Stunning! Wat ‘n voorreg om so iets te kan sien. Hulle is pragtig!
Ek het n wit kameelperd 4 jaar gelede op film vasgele in Tanzania…CNN het laasnag oor dieselfde kameelperde berig en beweer dit is die eerste keer dat die verskynsel op film vasgele is – verkeerd!
Pragtig mooi bly darem maar mooi!!!
Amazing! Moet asb. nie sê waar hulle is nie.