Minstens twee mense is dood en 23 beseer, waarvan vyf kritiek, toe ‘n motor Woensdagaand tussen ‘n skare by ‘n musiekfees in Austin, Texas ingejaag het.
Die tragedie het by die bekende Festival South by Southwest (SXSW) plaasgevind.
Die motoris het deur ‘n tydelike versperring gejaag wat vir die fees aangebring is. Hy is vermoedelik deur die polisie gejaag, en is na die voorval in hegtenis geneem.