Tendai Biti, opposisie-politikus van Zimbabwe, is Maandag in die magistraatshof in Harare skuldig bevind dat hy die land se verkiesingswette oortree het deur die presidensiële uitslae van 20 Julie 2018 bekend te maak.
Biti, adjunkvoorsitter van die Movement for Democratic Change (MDC), moet ʼn boete van $200 betaal en is tot ses maande tronkstraf, wat in sy geheel opgeskort is, gevonnis. Magistraat Gloria Takundwa het gesê die tronkstraf word vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy nie dieselfde oortreding binne dié periode begaan nie.
Takundwa het gesê die staat het bo redelike twyfel bewys dat Biti publiek die MDC-alliansie se presidensiële kandidaat Nelson Chamisa as die wenner van die 2018-verkiesing aangekondig het, nog voor die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZEC) die amptelike aankondiging gemaak het.
Chamisa het egter uiteindelik die verkiesing teen pres. Emmerson Mnangagwa verloor, volgens die ZEC.
Biti se optrede “het die amptelike aankondiging van die ZEC ondermyn”, het die hof bevind.
As jy in Afrika feite openbaar, kan dit jou duur te staan kom.
Maar net dieselfde ou Zim, of raak dit nog slegter? Just another failed African state, met ekonomiese en humanitere implikasies vir Suid Afrika.