President Jacob Zuma se familie het glo 12 beeste geoffer in ʼn poging om sy herverkiesing te verseker.
Die familie het die ritueel Sondag by sy Nkandla-woning gehou om met Zuma se voorvaders te kommunikeer, het The Star berig. Alhoewel daar vermoedelik geen ander ANC-leiers by die geleentheid was nie, het Zuma by Zoeloe-krygers aangesluit om ʼn tradisionele dans uit te voer. Duisende van sy familielede het vir hom gebid om tydens die ANC se nasionale verkiesingskonferensie by Mangaung in Desember as ANC-president herverkies te word.
ʼn Skild en ʼn spies is glo aan Zuma oorhandig om homself teen ander mededingers te verdedig. Na verwagting sal adjunk-president Kgalema Motlanthe homself verkiesbaar stel.
Zuma se seun, Edward, het die polisie en sekuriteitspersoneel aangesê om die media teen die einde van die vieringe weg te wys. Na bewering is ʼn verslaggewer van The Mercury hardhandig deur die polisie van die toneel verwyder.
Hoekom offer hy nie liewer vir Kgalema Motlante nie?
Was dit een bees vir elke vrou om op te vreet?
Agtergeblewe? Net verstandelik – op geen ander manier nie!