Conrad Bonnette, stiefseun van die sogenaamde Modimolle-monster, Johan Kotze, het aan verskeie skietwonde gesterf, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag aangehoor.
Lees meerAlles vir Maandag 26 November 2012
Vrystaat-verkeersbeampte skuldig aan korrupsie
‘n Verkeersbeampte van die Vrystaat is tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat sy aan korrupsie skuldig bevind is.
Joemat-Peterson skuldig aan roekelose wanbesteding
Tina Joemat-Peterson, minister van landbou, bosbou en visserye, is Maandag op twee aanklagte van roekelose openbare besteding skuldig bevind, het Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, gesê.
Mislukte sluipmoordaanval by Menlyn
‘n Sakeman van Algerië is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Maandagmiddag by die Menlyn Park-winkelsentrum, oos van Pretoria, geskiet is.
11-jarige sterf ná raaiselagtige koma
Noulene Venter (11), ʼn graad 4-leerder aan Laerskool Tzaneen is Sondag oorlede nadat sy vir meer as twee weke lank in ʼn raaiselagtige koma was.
Yasser Arafat se oorskot opgegrawe
Yasser Arafat se oorskot sal Dinsdag opgegrawe word in ʼn poging om uit te vind of hy vergiftig is.
Henning-moord: Beskuldigdes pleit onskuldig
Die twee mans wat van die moord op Chanelle Henning beskuldig word, het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof onskuldig gepleit.
Boer van Ficksburg vermoor
Christopher Preece, ʼn boer van die Vrystaat, is dood en sy vrou beseer toe drie mans hulle met pangas op hul plaas in Ficksburg aangeval het.
Zuma se familie offer glo 12 beeste
President Jacob Zuma se familie het glo 12 beeste geoffer in ʼn poging om sy herverkiesing te verseker.
Polisievroue vas vir korrupsie
Twee polisievroue van Bethanie sal Maandag in die landdroshof in Ga-Rankuwa verskyn op aanklag van bedrog en dwarsboming van die gereg.
Foto’s: Pa en seuns veilig ná seiljag strand
Chris van der Nest en sy twee seuns is veilig nadat hul seiljag Sondag naby Gordonsbaai gestrand geraak het.
Polisie versuim om oupa wat ‘bedwelm’, ‘verkrag’ te vang
ʼn Man wat glo gereeld sy 14-jarige kleinseun bedwelm en verkrag het, is nie in hegtenis geneem nie, aangesien die Roodepoortse polisie glo nie dokumente ingedien het nie.
Nuuskommentaar: Leierlose Afrikaners?
Wat politieke leierskap betref, is daar nie nou ‘n Afrikaner wat werklik die hand opsteek as een wat Afrikaners oor ‘n breë front saamsnoer nie.
Rob Davies se aanslag op welsyn
Die Rob Davies aansporingskema vir welsynsorganisasies is duidelik: verlaag die persentasie wit en nie-burger bevoordeeldes tot so na aan nul as moontlik.
Kallie Knoetze ry per ongeluk kleinkind raak
Kallie Knoetze se kleinseun is in ʼn stabiele toestand nadat hy Vrydag per ongeluk raakgery is.
Man vas oor onwettige jaggewere
‘n 40-jarige man is Sondag in die Wes-Kaap vir die onwettige besit van jaggewere in hegtenis geneem.
Twee sterf in ongeluk op N1
‘n Vrou en ‘n 10-jarige seun is Sondagaand op die N1 naby die Buccleuch-wisselaar in Johannesburg dood toe ‘n bakkie in hul voertuig vasgejaag het.
Mislukte rooftog glo nie intern gereël nie
Drie van die nege vermeende rowers wat in ‘n skietgeveg met die polisie by Robertsville gewond is, is uit die hospitaal ontslaan.
Riaan Cruywagen vir oulaas in jou sitkamer
Die Afrikaanse nuusleser Riaan Cruywagen (67) sal vanaand vir oulaas die Nuus op SABC2 lees.
E-tol hersieningsaansoek begin vandag
Argumente oor die implementering van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Pretoria gehoor word wanneer die hersieningsaansoek van die omstrede stelsel begin.