Yasser Arafat se oorskot opgegrawe

Yasser Arafat

Yasser Arafat se oorskot sal Dinsdag opgegrawe word in ʼn poging om uit te vind of hy vergiftig is.

“Dit is pynlik en ʼn skok,” het Arafat se weduwee, Suha, gesê. “Ons moet dit egter doen om dié geheimenis rondom sy dood op te klaar. As daar ʼn misdaad gepleeg is, moet dit opgelos word.”

Franse regters wat in beheer staan van die ondersoek, het Sondagaand in Ramallah aangekom, waar Arafat se grafkelder staan.

Gerugte oor sy afsterwe het die rondte gedoen sedert sy gesondheid baie vinnig agteruit begin gaan het en hy in November 2004 in die ouderdom van 75 gesterf het. Franse dokters kon nie bevestig wat sy dood veroorsaak het nie.

Arafat was Palestina se eerste president wat demokraties verkies is.

Tale Palestyne het geglo dat Israel hom vergiftig het.

Die ondersoek, wat moontlik maande lank kan duur, sal deur deskundiges van Frankryk, Switserland en Rusland uitgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.