Die polisie het die veiligheidswag van die Goodman-galery in Johannesburg in hegtenis neem.
Die SABC het betroubaar verneem dat die wag aangekla gaan word, omdat hy na bewering een van die mans wat die omstrede skildery oor pres. Jacob Zuma beskadig het, aangerand het.
“Hy is ‘n kort rukkie gelede in hegtenis geneem,” het kol. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.
Die veiligheidswag het Lowie Mabokela met die kop gestamp en op die grond neergegooi. Mabokela het volgens Naidoo Dinsdag ‘n aanklag van aanranding aanhangig gemaak, berig Sapa.