Brandingenieurs bied veiligheidsoplossings

Juexin Fire Engineering (Pty) Ltd. het in 2018 sy deure oopgemaak as ʼn konsultasiefirma in die ingewikkelde veld van brandingenieurswese. Die maatskappy was ʼn reaksie op die toenemende vraag na doeltreffende brandveiligheidsoplossings in alle bedrywe van die ekonomie – in Suid-Afrika en buurlande.

Juexin bied ʼn volledige reeks brandingenieurstelsels vir sy kliënte wat spesiaal ontwikkel word vir elke individuele projek. Dit verseker voldoening aan lewensveiligheid, eiendomsbeskerming en besigheidskontinuïteit.

Ons glo: Voorkoming is beter as genesing

Ons tree op in noue samewerking met ons kliënte. Ons gee raad en staan ons kliënte by met die beste oplossing om hulself, hul werknemers, kliënte en beleggings teen moontlike brandskade te beskerm.

Dit sluit in: assessering, advies, ontwerp en verskaffing van die mees kostedoeltreffende stelsels met die grootste waarde vir geld. Juexin se benadering is om sy kliënte van ʼn langtermyn voordeel, skaalvermoë en ʼn mate van buigbaarheid te bied wat spesifiek ontwerp is vir die toepassing en risikoprofiel waarmee die kliënt gekonfronteer word.

Juexin bied:

  • rasionele brandontwerp
  • risiko-analise
  • Outomatiese sprinkelaarstelsel
  • Brandrisiko-analise
  • Ontruimingsplanne
  • Waarskynlikheidsrisiko-analise

Juexin streef daarna om ʼn leier in die veld van brandingenieurswese te wees.

Kontakbesonderhede
Webwerf: www.juexin.co.za
Tel.: 012 880 2198
E-pos: [email protected]

  • Besoek ons uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11-13 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.