Groot name vanjaar by Draadloos-seminaar vir Afrikaanse gemeenskapsradiostasies

Leon van Nierop is een van die bekendes wat by die tweede jaarlikse Draadloos Gemeenskapsradiostasieseminaar te sien is.

Leon van Nierop is een van die bekendes wat by die tweede jaarlikse Draadloos Gemeenskapsradiostasieseminaar te sien is. Foto: Leon van Nierop Facebook-blad

Maroela Media bied vanjaar die tweede jaarlikse Draadloos Gemeenskapsradiostasieseminaar aan. Met dié tweedag-seminaar wil Maroela Media aan die bestuur en personeel van gemeenskapsradiostasies die geleentheid bied om met mekaar, asook met bekendes uit die radio- en vermaaklikheidsbedryf, skouers te skuur. Lede van die publiek word ook vanjaar genooi om die seminaar by te woon.

Vanjaar se seminaar vind op 13 en 14 November plaas en word gelyktydig in twee sentra aangebied: Centurion en Stellenbosch. Topgehalte tegnologie word ingespan om die twee seminaarsentra met mekaar te verbind, sodat seminaargangers by beide sentrums mekaar kan sien en met mekaar en die sprekers interaksie kan hê. Die privaat hoër onderwysinstansie Akademia se tegnologie word vir dié doel ingespan.

Bekendes soos Leon van Nierop, Magda van Biljon en Niekie van den Berg gaan die sessies hanteer. Onderwerpe sluit  in die skryf en vervaardig van radiodramas, wenke vir geselsradio, sosiale media en die bemarking van jou stasie, en radioprogramme vir kinders.

Die kostes vir seminaar is as volg:

  • Gemeenskapsradiostasies:  Die eerste persoon se bywoning is gratis, daarna beloop dit R250 per persoon
  • Akademiese instellings:  R 250 per persoon
  • Ander instellings of privaat:  R700 per persoon

Die kostes sluit middagetes, versnaperings en ʼn geskenkpakkie in.

Registreer hier

Vir meer inligting rondom die seminaar kontak gerus vir Annelize Brits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.