Luister in 3 minute: Eskom, SAL spartel vir geld

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

In hierdie week se aflewering van 3 Minute, 3 Sake plaas Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, die soeklig op Eskom, die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en beleidsonsekerheid se invloed op ekonomiese groei.

Eskom het verlede week ʼn hofaansoek gebring om die formules te laat hersien wat Nersa gebruik om kragtariefverhogings te bepaal. Kenners meen indien Eskom suksesvol met die aansoek is, kan Nersa se magte om verbruikers teen verhogings in elektrisiteitstariewe te beskerm aansienlik ingeperk word.

Die SAL is steeds in die knyp en die tesourie sukkel oënskynlik om R2 miljard vir dié lugdiens te vind. Dit terwyl die minister van finansies, Tito Mboweni, ook maar skepties blyk te wees oor die SAL se voortbestaan en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, op sy beurt weer gesê het die regering is vasbeslote om die lugdiens om te swaai om enige werksverliese te beperk.

Van Onselen meen die SAL bly ʼn toetssteen vir die regering en die plaaslike ekonomie: “Gaan markproses of politiek uiteindelik in hierdie saak seëvier”.

Hy gee ook ʼn kykie op die Noordwes-Universiteit (NWU) se indeks oor beleidsonsekerheid.

  • Luister na Van Onselen se volledige uiteensetting van dié drie sakekwessies in die podsending bo-aan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Magda ·

Soek – nee jitte man julle weet mos waar die geld heen is……………..

Adrian ·

S.A.L maklik boikot die redery in 6 maande is dit weg forever

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.