Luister in 3 minute: Regering se betaalstaat neem toe

Argieffoto

Minister Tito Mboweni se mediumtermynbegrotingsrede het die groot uitdagings wat die land tans in die gesig staar uiteengesit, maar die oplossings vir hierdie probleme het veel na wense gelaat.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Suid-Afrika se staatskuld van stabiel na negatief aangepas, omdat die vooruitsigte vir die land verswak het.

Sakeliga meen dat die hoofstroom-ekonomie struktureel siek en ongunstig is en dat markvryheid die regte medisyne is.

Eskom se regrukplan word ook in die week se 3 Minute, 3 Sake bespreek.

Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, neem hierdie week se sakekwessies onder die loep. Luister na die volledige uiteensetting bo-aan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.