Luister: Ontsluit jou persoonlikheid met die Enneagram

Foto ter illustrasie. (Foto: Vaibhav Pixels/Unsplash)

Die Enneagram is ʼn een van die oudste psigo-spirituele persoonlikheidsmodelle.

In Maroela Media se gesprekreeks oor die Enneagram is elkeen van die nege persoonlikheidstipes saam met Louis Venter, kliniese terapeut, stigter van Couples Help en Enneagram-kenner verken.

Hiermee ʼn opsomming van die tien episodes, indien jy ʼn episode misgeloop het:

Wat is die Enneagram en hoe kan dit jou help om jouself beter te verstaan?

“Meer as wat die Enneagram tipeer, wys dit diep persoonlikheidsmotiverings. Dit is meer as net om vir iemand te sê dat hy ʼn ekstrovert, introvert, melancholies of emosioneel is. Dit help jou om te verstaan hoekom jy doen wat jy doen.”

Luister hier om meer oor die Enneagram uit te vind:

Is jy dalk ʼn perfeksionis?

ʼn Tipe 1 van die Enneagram skoei hom- of haarself daarop om reëls en morele wette te volg, orde te skep en die omgewing te beheer.

Luister hier om uit te vind of jy dalk tipe 1 op die Enneagram is:

Wie is die omgeemense op die Enneagram?

“Dit is mense wat altyd ander mense ondersteun, probeer om maniere te vind om ander te help en hul eie agenda in die agtergrond hou.”

Luister hier om meer oor die omgeemense op die Enneagram uit te vind:

Hoe groot is jou wil om te presteer?

“Prestasie, wen, sukses en produktiwiteit. Dít is waarheen hul aandag gaan.”

Luister hier om meer oor die presteerder uit te vind:

Dié persoonlikheidstipe is ʼn storm in ʼn koppie

“Hulle verstaan iets van die volheid van die wêreld. Dis die mense wat ons tot halt roep om die diepte en skoonheid van die wêreld te beleef.”

Is jy dalk ’n tipe 4? Luister hier om uit te vind:

Is jy ʼn ondersoeker?

“Die energie tussen mense vat so baie van hulle, dat hulle ʼn besluit geneem het om van die wêreld te onttrek. Om die wêreld van ʼn afstand af dop te hou en na ʼn binnewêreld te emigreer, en so word hulle die observeerders van die lewe.”

Luister hier vir meer inligting oor die vyfde persoonlikheidstipe op die Enneagram:

Dié mense is planmakers van formaat

“Die tipe 6 is altyd dié wat vra: ‘Wat is onveilig?’ Dit is die tipe persoonlikheid wat altyd bewus is van wat verkeerd kan gaan.”

Luister hier om meer oor tipe 6 op die Enneagram uit te vind:

Hierdie mense is avontuurliefhebbers

Die lewe is ʼn lied, en tipe 7 op die Enneagram sing al te heerlik saam.

Luister hier om uit te vind of jy dalk ʼn tipe 7 is:

Dié persoonlikheid smag na beheer

Die tipe 8 het ʼn vrees daarvoor om broos te voel, om te voel dat hulle nie in beheer van ʼn situasie is nie en dat hulle in die proses dalk kan seerkry. Weens dié vrees, verkies hulle om in beheer te wees en te bly.

Luister hier vir meer inligting oor tipe 8:

Hierdie mense verkies vrede

“As ek nie my hand opsteek nie, en ek wys myself nie vir die wêreld nie, gaan die pyn weg en word die wêreld makliker.”

Luister hier om meer oor die negende persoonlikheidstipe uit te vind:

Hou Maroela Media dop vir nog interessante gesprekreekse en skakel in.

  • Besoek Louis se webwerf, Couples Help, hier.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.