Podlitiek: EFF-haatspraak en Poetin wat oorlog maak

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pres. Wladimir Poetin. (Foto: Mikhail Klimentyev/Sputnik/AFP)

Podlitiek is ʼn weeklikse politieke podsending waartydens paneellede die warmste kwessies van die betrokke nuusweek bespreek.

In hierdie week se episode is Frederik, Daniël, Ernst en Paul agter die mikrofone, met twee stories op hul agenda: Die pas afgelope AfriForum/EFF-hofsaak en die afgelope weke se gebeure in Oekraïne.

Daniël en Ernst was self baie betrokke by die haatspraaksaak, en brei in diepte uit oor die doel en verloop van die hofsaak. Hierna volg ʼn bespreking oor sommige vleuels van die hoofstroom Suid-Afrikaanse media se onkundige reaksie op hierdie hofsaak en die verloop daarvan.

Volgende aan die beurt is dit die dreigende oorlog in Oekraïne – hoe het die geskiedenis ons tot hier gebring, en waar trek die hele storie tans? Waarmee is Wladimir Poetin besig, en wat is sy uiteindelike doel? Oor hierdie en nog ander kwessies bied die Podlitiek-span ʼn deeglike porsie kommentaar.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk. 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.