Podlitiek: Jacob Zuma verhuis, Ernst Roets op reis en ANC gekys

Opgestel deur die Podlitiek-span

Ernst Roets saam met Tucker Carlson.

In die week se Podlitiek bespreek Paul Maritz en Daniel Eloff drie stories wat van groot mediabelang is, naamlik die jongste gebeure om oudpres. Jacob Zuma, Ernst Roets se reis na die VSA en die ANC se verhouding met China.

Waarheen nou, vra die Podlitiek-span, met spesifieke oorweging van hofsake wat dalk uit die Zuma-kamp te wagte kan wees.

Volgende aan die beurt is dit Ernst Roets, hoof van beleid en aksie van AfriForum, se reis na die VSA en die media se reaksie hierop. Dit is vir Podlitiek interessant dat onderdrukte groepe wat in die verlede na wêreldmagte gegaan het om hul lot te bekla deur die hoofstroommedia as helde beskou word, maar wanneer AfriForum dit doen dit skielik onaanvaarbaar is. Dubbele standaarde is dalk die woord waarna ons soek.

En laastens word die ANC se romanse met die Chinese Kommunistiese Party bespreek. Podlitiek verwys na die onlangse media-aktiwiteite van die ANC wat hierdie Chinese party groot lof toegesing het. Wat beteken ʼn langtermyn‑ ekonomiese verhouding met China vir Suid-Afrika?

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.