Podlitiek: Skole gesluit, ligte steeds uit & Pfizer se spyt

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Argieffoto: Unsplash)

Podlitiek is vandag terug met nog ’n opwindende episode propvol politieke analise, tong-in-die-kies-uitlatings en ’n hele lot sake om te #Ontnonsens. Hierdie week vang drie stories die paneel se oog: Skole wat eers later open en hoe die situasie deur bepaalde regeringsamptenare benader is, Eskom wat weer beurtkrag toepas, en die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om voldoende entstowwe te bekom.

Wat skole betref, het die Podlitiek-span kennis geneem van Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, se onlangse besoek aan Helpmekaar Kollege in Johannesburg. Twee punte van bespreking spring na vore. Ten eerste moet gevra word of die LUR se optrede as aanvaarbaar, fatsoenlik, of selfs nodig beskou moet word. Had hy ’n pyn met die skool se optrede, gaan sien dan die hoof of beheerliggaam, had hy ’n angs oor die kinders se gesondheid moet (weer eens) kundiges eerder besoek word. Die rede vir Lesufi se optrede is die politisering van skole, en die aanwend van kinders as pionne in sy politieke spel – so meen Podlitiek.

Die volgende storie op die Podlitiek-tafel is Eskom en die terugkeer van beurtkrag. Met verskonings wat inrol van alle kante af, en planne wat blykbaar gemaak word, wonder Podlitiek of Eskom ooit die vermoë sal kry om genoeg energie te voorsien, maar verder as dit, waarom privaat rolspelers nog nie toegelaat word om toe te tree nie. Sekerlik bewys die krisis van beurtkrag, wat nou al vir anderhalf dekade voortduur, dat ’n ander plan gemaak moet word?

Laastens spoel die paneellede van Podlitiek hul monde behoorlik uit oor die stand van entstofbeplanning in Suid-Afrika. Soos wat hulle maar (histories gesproke) maak, kom dit voor asof die Suid-Afrikaanse regering ’n monopolie op die verskaffing van entstowwe wil hê, maar dat hulle boonop nog ’n uiters slegte monopolis is, wat eie belang bo landsbelang plaas.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.