Nataniël en Erik le Roux
In Die Edik van Nantes-kookboek nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, jou uit om saam met hulle ʼn kosreis na Nantes, Frankryk, te onderneem.
Kom kyk hoe lyk die château waar Erik en sy gesin bly, beskou die argitektoniese wonders van Nantes en beleef die koue winter saam met hulle. Met resepte uit die eerste vier reekse van die gelyknamige televisiereeks asook nuwe resepte wat Nataniël en Erik by die huis maak.
Maak Franse uiesop, clafoutti, artisjokpoeding, brioche met salm, bloubessiesjampanjesop en sjokoladeklappertruffels net soos die Franse kan. ʼn Visuele fees vir die oog.
Oor die outeurs
Nataniël is in Grahamstad gebore. Hy het skool gegaan aan die Laerskool Riebeek-Kasteel en Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier. Ná skool studeer hy musiek aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het aanvanklik bekendheid verwerf as kabaretster en verhoogkunstenaar, maar sedert die 1990’s is hy ook gewild as skrywer en koskenner.
Erik le Roux, Nataniël se broer, woon in Nantes, Frankryk, saam met sy gesin. Behalwe sy liefde vir kook is hy ook mal oor fotografie.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R370,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Nathaniël het eenkeer gesê van Crocks. As jy my kom eet met plastiese skoene, dan gee ek jou plastiese kos.
Hierdie stylvolle boek is beslis nommer een op die kersgeskenklys.