Jeske Wellmann / Adele van der Merwe
Navorsing bewys dat baie meer mense elke jaar met kanker gediagnoseer word. Dit is die gevolg wat rook, alkoholmisbruik, ongesonde eetgewoontes, gebrek aan fisiese aktiwiteit en stres op die liggaam het. Die hoofdoel van die boek is om die kankerlyer, versorgers en families op te lei en te bemagtig om die kanker optimal te beveg met voeding. Dié praktiese boek word in twee afdelings verdeel:
1. Teoreties, waar ons fokus op die verskillende tipe kankers, die behandelingmetodes, newe-effekte, gespesialiseerde dieet en eetplanne is.
2. Resepte wat jou sal help om jou energievlakke ‘n hupstoot te gee en om beter te voel terwyl jy kankerbehandeling ondergaan.
In verstaanbare taal probeer die skrywers jou aanmoedig om jou leefstyl, eetgewoontes en dieet te verbeter, terwyl die kanker ook optimaal bestuur word.
Oor die outeurs
Jeske Wellman is die medeskrywer van twee boeke oor voeding, en skryf gereeld artikels oor gesond eet vir tydskrifte. Sy bied ook openbare praatjies aan, veral oor lewenstylverwante siektes. Sy is ‘n geregistreerde dieetkundinge in ‘n privaat praktyk in Johannesburg.
Adele van der Merwe is ‘n geregistreerde dieetkundige met ‘n nagraadse diploma. Sy was sewe jaar werksaam by Chris Hani Baragwanath-hospitaal, en werk tans by Wits Donald Gordon Mediese Sentrum in Pretoria. Sy spesialiseer in voeding vir kanker en siektes van die spysverteringskanaal.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R216.00*
*Prys onderhewig aan verandering