Soorte resepte:

Boek: Suidooster Kombuis

Errieda du Toit

Ruik jy dit ook? Die geure uit die Ruiterboschkombuise wat saam met die suidoos dwarsdeur jou TV-skerm tot in die hart van jou huis waai? Potuitlek soethoenderkerrie, varsgebakte speserykoekies en geurige tamatiebredie …

Suidoosteraanhangers smeek hul geliefde sepiegesinne al lank vir ’n kookboek met hul gunstelinggeregte, en
hier is dit nou! Mrs J, Mymoena en Stefan neem die voortou: “Ons deel ons resepte sodat familietradisies, ons kos en feestelikheid kan aangaan. Dis niks uitspattig nie. Ons kook uit ons harte met bestanddele soos liefde en joy.”

Geniet ’n groot sny marvellous melktert terwyl jy na Mrs J se raad luister. Hoor AB wat vir Mymoena sê: “Shukraan, my darling, vir die heerlike samoesas,” terwyl jy ook proe. En probeer self Stefan se Oos Wesstaatmakers.

Hierdie boek vier die vermenging van kultuur, tradisie en nostalgie wat familie en vriende se lief en leed met kos saambind. Dis pure magic, my mens!

Oor die outeur:

Errieda het in haar verbeelding ure om die tafels en kospotte saam met Suidooster se geliefde huiskokke deurgebring vir haar tiende resepteboek. Die rol wat kos speel om mense bymekaar te bring is haar passie. Dit leef sy ook uit as die inhoudsvervaardiger vir kykNET-kosreekse soos “Kokkedoor”, haar kosrubrieke, radiopraatjies
en kosblog Huiskok.com.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sonja Alberts ·

Dit is my ideale kersgeskenk…..hoop my man vang die skimp!!!

Bridget ·

Gaan hom verseker koop dankie julle dat julle dit met almal deel baie dankbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.