Selfs vleisliefhebbers sal van dié frikkadelle hou!
Genoeg vir 6-8 mense
Bestanddele
- 1 e (15 ml) olyfolie
- 1 e (15 ml) Clover Farmstyle-botter
- 1 ui, fyngekap
- 1 knoffel huisie, fyngedruk
- 1 wortel, gerasper
- 2 murgpampoentjies, gerasper
- 5 sprietuie, fyngesny
- 410 g blikkie botterbone of cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
- ¾ k (40 g) vars broodkrummels
- 1 eiergeel
- 2 e (30 ml) grondboonbotter
- 1 t (5ml) rooi Thai-kerriepasta
- 1 t (5 ml) gerasperde vars gemmer
- 2 e (30 ml) gekapte vars koljanderbl
- (125 ml) Clover White Cheddarkaas
SUURROOMSOUS
- ½ k (125 ml) Clover-suurroom
- 1 t (5 ml) fyngerasperde suurlemoenskil
- 1 e (15 ml) fyngekapte grasuie
- 1 e (15 ml) tahini-smeer
- sout en varsgemaalde peper
Metode
- Verhit die olie en botter in ʼn pan en braai die uie en knoffel liggies vir 4-5 minute, of tot sag.
- Voeg die wortel, murgpampoentjies en sprietuie by. Braai vir 3-4 minute.
- Dreineer die mengsel vir 10 minute in ʼn vergiettes. Druk droog met kombuispapier om enige ekstra vog te verwyder.
- Gooi die boontjies in die bak van ʼn voedselverwerker en kap grof. Voeg die broodkrummels, eiergeel, grondboonbotter, kerriepasta, gemmer en koljander by. Meng deeglik en skep die mengsel in ʼn mengbak.
- Voeg die groente en kaas by en meng goed. Bedek jou hande met meel en vorm 6-8 frikkadelle en verkoel dit vir 20 minute.
- Rooster vir 2-3 minute aan ʼn kant op ʼn gesmeerde plat gietysterplaat op die braai of in ʼn braaipan tot goudbruin en bros.
- Bedien met die suurroomsous of op ʼn broodrolletjie met slaaibestanddele.
SUURROOMSOUS:
- Kombineer al die bestanddele en geur na smaak.
Bron: Gunsteling Braairesepte
Uitgewer: Lapa
Jammer maar mens kry nie ‘vegetariese frikkadelle’ :)
JA, ‘n mens kry vegatariese frikkadelle; hierbo is die bewys. Die vleislose frikkadelle lyk heerlik!
Jy sal verbaas wees hoe lekker vegetariese geregte daar is. Probeer dit gerus, en gaan lees ook sommer oor al die voordele wat dit vir jou inhou. Dankie vir die resep, ek gaan dit beslis probeer, kan nie wag nie.
Hulle noem dit seker maar frikadelle in afrikaans, maar word falafel genoem in engels, maar dan is daar so ver ek weet geen dierepridukte in nie, vir vegans, so geen eiers of kaas of suurroom nie.
Klink soos vleislose biltong :))
(Dit lyk inderdaad heerlik, maar almal is gedurig so ernstig hier rond)
Dit lyk heerlik en ek gaan dit verseker probeer! Dankie vir die resep