Waatlemoen en Desember loop hand-aan-hand. Probeer gerus dié drankie.
Lewer 2 liter
Bestanddele:
- 1 k (250 ml) Clover Krush-bessiesap
- sap van 2 lemmetjies
- ¾ k (150 g) suiker
- 1 kg waatlemoen, geskil, pitte verwyder en in blokkies gesny
- 1 e (15 ml) rooswater
Metode:
- Sit twee 30 x 20 cm-metaalbakplate wat ten minste 3 cm diep is in die vrieskas om koud te word.
- Meng die bessie- en lemmetjiesap en suiker in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 3 minute. Voeg die waatlemoen by en kook vir nog ’n minuut.
- Verwyder van die hitte en roer die rooswater deur. Laat heeltemal afkoel.
- Verpulp die mengsel tot glad in ’n voedselverwerker.
- Giet die mengsel in die koue bakplate. Bedek met kleefplastiek en vries vir 8 ure tot gestol.
- Haal die bakplate uit die vrieskas en laat vir 10 minute afkoel om sag genoeg te wees sodat jy ’n vurk kan deurtrek. Skraap die vurk deur om growwe yskristalle te vorm.
- Skep die granita in verkoelde glase en sit dadelik voor.
Resep: Gunsteling Poedings
Uitgewer: Lapa