Soorte resepte:

Wen: Uiteindelik, ʼn ligte, gesonder opsie!

 VAN-lOVEREN.jpg

[Promosie-artikel]

Die somerweer raak al hoe lekkerder en die feestyd is om die draai. Heerlike somerslaaie, goeie geselskap en ʼn lekker glasie wyn is nooit te versmaai gedurende dié verposing nie. Die goeie nuus is egter dat jy nie meer jou drankie se kilojoules hoef te tel nie. Daarvoor het Van Loveren gesorg!

Dié wynkelder het so pas Almost Zero Wonderful White bekendgestel, net betyds om jou somer op te kikker.

Die elegante verfrisser word van Sauvignon Blanc-wyn gemaak. ʼn Kombinasie van die klassieke wynmaaktradisie en moderne alkoholverwyderingstegnologie is ingespan om die alkohol van die wyn te verwyder.

Van Loveren se Almost Zero het minder as 0,5% alkohol. Dit is soortgelyk aan die meeste alkoholvrye soorte bier wat beskikbaar is. Dit is ideaal vir die Banting-dieet met slegs 4,2 g per 100 ml koolhidrate – en het 75% minder kilojoules as ʼn gewone glas wyn (slegs 71 kJ per 100 ml). Nou kan daar voorwaar sonder skuldgevoelens ontspan word met ʼn heerlike yskoue glas ‘wyn’.

Almost Zero spog met appel-, lietsjie- en sitrusgeure en is die ideale pasmaat vir seekos en slaaie.

Wen

Wen ʼn kis van dié opwindende toevoeging tot die immergewilde Van Loveren-wynreeks. Al wat jy hoef te doen, is om ons te vertel saam met wie en by watter geleentheid jy graag Almost Zero sou wou geniet. Die sperdatum om in te skryf is 30 November 2018 om 10:00.

Bepalings en voorwaardes

  1. Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees.
  2. Die wenner sal per e-pos of telefoon in kennis gestel word.
  3. Die beoordeelaars se keuse is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
  4. Van Loveren hanteer die versending van die prys.
  5. Die prys kan nie verrruil word vir kontant nie.

Om meer uit te vind oor Van Loveren, besoek gerus hul webtuiste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.