Druk die Lebkuchenkoekies in hartjievorms uit en gee dit vir jou geliefde vir Valentynsdag!
Lewer 35 koekies
Bestanddele
60 g (70 ml) botter
115 g (160 ml) gouestroop
245 g (435 ml) koekmeelblom
2,5 ml gemaalde gemmer
2,5 ml gemaalde kaneel
2,5 ml gemaalde naeltjies
2,5 ml kakao
15 ml melk
55 g (60 ml) gemengde sitrusskil, fyn gekap
30 ml framboos-/aarbeikonfyt (of meer)
185 g donkersjokolade gesmelt en gemeng
10 ml sonneblomolie
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smelt die botter en stroop saam. Bring net tot op kookpunt en laat dan vir 10 minute afkoel.
- Sif die droë bestanddele saam en voeg dit saam met die melk en skiI by die bottermengsel.
- Bedek en laat vir 1½ uur staan.
- Knie die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak tot dit nie meer klewerig is nie.
- Rol dit op die meelbestrooide plastiek uit tot 8 mm dik.
- Druk hartvorms (5 cm in deursnee) uit en plaas 3 cm uit mekaar op gesmeerde bakplate.
- Druk holtes, 2 cm in deursnee in die middel van die harte met ʼn houtlepel se steel en vul elk met ‘n kwart teelepel konfyt.
- Bak vir ongeveer 10-15 minute of tot verkleur en laat afkoel.
- Doop die onderkant van elke hartkoekie in die gesmelte sjokolade en laat dit effens afdrup.
- Plaas dit dan op plastiek om te stol met die sjokolade na bo.
Bron: 101 kleinkoekies, Nettie Cilliers
Uitgewer: Lapa-uitgewers