Hierdie ryspoeding se vanielje-, kaneel- en suurlemoengeure is soos iets uit ʼn droom.
Lewer 6 porsies
Bestanddele:
- ½ k (95 g) rosyntjies
- ¼ k (60 ml) Clover Krush-lemoensap, verhit
- 2 k (500 ml) Clover Mmmilk-volroommelk, vanieljegeur
- 1 k (250 ml) Clover-room
- 1 kaneelstokkie
- 1 vanieljepeul, gehalveer en pitjies uitgekrap
- ½ t (2 ml) neutmuskaat
- 1 e (15 ml) suurlemoenskil
- ½ k (90 g) mediumkorrel-poedingrys, afgespoel en gedreineer
- ½ k (105 g) strooisuiker
- 2 eiergele, geklits
Metode:
- Week die rosyntjies vir 30 minute in die lemoensap, dreineer en hou eenkant.
- Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ʼn 1 liter-oondbak of ses
- Meng die melk, room, kaneelstokkie, vanieljepeul en -pitjies, neutmuskaat en suurlemoenskil in ‘n kastrol.
- Verhit stadig tot kookpunt en verwyder van die hitte. Laat vir 15 minute staan sodat die geure kan vermeng.
- Verwyder die kaneelstokkie, vanieljepeul en suurlemoenskil. Roer die rys deur en kook oor matige hitte vir 15 minute. Verwyder van die hitte en roer die suiker, rosyntjies en eiergele deur.
- Skep die rysmengsel in die voorbereide oondbak of ramekins en strooi ‘n bietjie neutmuskaat oor.
- Plaas die poeding in ‘n bakskottel en vul die skottel met water tot twee-derdes vol. Bak vir 45 tot 55 minute (oondbak) of 20 tot 25 minute (ramekins), of tot die rys sag en die poeding gestol is.
- Verwyder uit die oond, strooi ʼn bietjie strooisuiker en kaneel oor.
- Laat vir 10 minute rus en sit voor.
- Bron: Gunsteling Poedings
- Uitgewer: Lapa