Dié krakerige koekies is perfek vir jou laatmiddag koffie of tee.
Maak ongeveer 30 koekies
Bestanddele
- 125 g (140 ml) botter
- 165 g (187,5 ml) suiker
- 2 eiers, geklits
- 5 ml vanieljegeursel
- 30 ml korente
- 135 g (375 ml) klapper
- 280 g (500 ml) koekmeelblom
- 2,5 ml koeksoda
- 2,5 ml bakpoeier
- 90 g (750 ml) graanvlokkies, effens fyn gedruk
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C
- Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig.
- Voeg die eiers geleidelik by terwyl dit goed geklits word.
- Voeg die vanieljegeursel by en meng goed.
- Voeg die korente en klapper by.
- Voeg die meel, koeksoda en bakpoeier saam en vou dit in.
- Meng goed en rol die deeg in balletjies en dan in die gebreekte graanvlokkies.
- Plaas dit op gesmeerde bakplate, ver genoeg uitmekaar.
- Bak vir 20 minute of tot goudbruin en bros. Laat op ʼn draadrakkie afkoel.
Bron: 101 Kleinkoekies
Uitgewer: Lapa
MM – waar kan ek asb die boek kry? Het orals gesoek, het Lapa uitgewers geskakel, die boek is uit druk uit. Selfs Nettie Cilliers gekontak – sy ooknie ‘n eksemplaar van die boek.
Loot.co.za
101 Kleinkoekies (Afrikaans, Paperback)
Nettie Cilliers
Loot Price
R174
Dagsê Kowa,
Ek het op Loot se webblad gaan kyk – maar die boek isnie daarnie. :(