Bestanddele:
- 60 ml botter of margarien
- 125 ml suiker
- 250 ml koekmeelblom
- 15 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 125 ml melk
- 1 eier
- kaneel na smaak
Bestanddele vir die stroop:
- 60 ml botter of margarien
- 250 ml suiker
- 1 blik (380 g) ingedampte melk
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Verroom die botter of margarien en suiker saam.
- Sif die koekmeel blom, bakpoeier en sout saam.
- Klits die melk en eier saam.
- Roer die meel- en melkmengsel om die beurt by die eiermengsel in.
- Skep die beslag in ‘n gesmeerde tertbak.
- Strooi ruim kaneel oor.
- Bak 20-25 minute lank tot gaar.
Berei die stroop:
- Kook al die bestanddele saam.
- Gooi die stroop oor die warm koek sodra dit uit die oond kom.
Bron:
Die resepteboek, Tannie Poppie Kook word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer.