Dié broodjie hou by bekende smake en kry ʼn byderwetse voorkoms met repe stronkmielies bo-op.
Lewer 1 groot of 2 kleiner broodjies
Bestanddele:
Broodjie
- ½ ui, fyngekap
- 100 g spekvleis, fyngesny
- botter, vir braai
- 1 gaar mielie-aan-stronk
- 500 g bruismeel
- 5 ml sout
- 1 blik (340 g) mielies, gedreineer
- 200 g beleë cheddarkaas, gerasper
- 330 ml bier
Tuisgemaakte botter
- 250 ml room
- 250 g mascarponekaas
- 3 ml sout
Metode:
Broodjie
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ʼn broodpan.
- Braai die uie en spekvleis in ʼn bietjie botter tot goudbruin en gaar. Laat afkoel.
- Sny die pitte van die gaar mielie in repe van die stronk af en plaas onder in die pan.
- Sif die meel en sout saam. Roer die geblikte mielies, kaas en die afgekoelde ui-en-spekmengsel by. Voeg die bier by en meng goed met ʼn vurk of lepel.
- Skep die mengsel in die pan. Bak 1 uur of tot gaar. Gebruik ʼn toetspen om seker te maak die broodjie is gaar. Haal uit en laat rus 5 minute voor jy die broodjie uitkeer op ʼn draadrak.
Tuisgemaakte botter
- Giet die room en mascarpone in die mengbak van ʼn staanmenger. Klits met die K-haak tot die vloeistof (karringmelk) van die bottervet geskei is.
- Giet die karringmelk-vloeistof af (behou vir ander gebruik) en druk die botter droog met ʼn kaasdoeklap.
- Meng die sout of ander geurmiddels by die botter in. Verkoel tot benodig.
Bron: Koekedoor 2 deur Errieda du Toit
UItgewer: Human & Rousseau
Prys: R300.00
* Prys onderhewig aan verandering