Hierdie resep is ideaal vir Paasbolletjies wat al ’n dag of twee oud is, of as jy al effens moeg is vir Paasbolletjies met botter.
Bestanddele:
- 6 Paasbolletjies
- 3 eiers
- 250 ml melk
- 2,5 ml fyn kaneel
- 1 ml fyn neut
- 25 ml bruin suiker
Metode:
- Voorverhit die oond tot 190 grade.
- Sny elk elke Paasbolletjie in 8 stukke.
- Plaas dit in ʼn gesmeerde vlak oondvaste bak.
- Klits die eiers, melk, kaneel en neut saam.
- Gooi die mengsel oor die bolletjies en druk die bolletjies met ʼn vurk in die mengsel.
- Laat staan vir 20 minute tot al die vloeistof geabsorbeer is.
- Sprinkel die bruinsuiker oor die poeding en bak vir ongeveer 40 minute, tot die eier geset en die poeding goudbruin en bros bo-op is.
- Bedien louwarm met vla, room of roomys.
Bron:
Leanda se resepte deur Leanda van der Westhuizen wat gepubliseer is op Kreatiewekosidees.com.