Soorte resepte:

Resep: Soetkoekies

Soetkoekies (Lapa-uitgewers)

Met die Kersvakansie net om die draai maak dié resep genoeg koekies om uit te deel!
Lewer 8 dosyn

Bestanddele

  • 12 x 1 k (250 ml) koekmeel
  • 20 ml kremetart
  • 1 t (5 ml) koeksoda
  • 750 g Clover Farmstyle­botter
  • 3 x 1 k (250 ml) suiker
  • 1 x 385 g-blik Clover­kondensmelk
  • 4 eiers, geklits
  • 2 t (10 ml) vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sif die droë bestanddele saam.
  3. Meng die botter en suiker tot lig en romerig.
  4. Voeg die kondensmelk, eiers en geursel by die bottermengsel, en dan die droë bestanddele. Meng totdat ’n deeg vorm.
  5. Plaas die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak en rol uit tot 5 mm dik. Sny in ronde vorms met ’n koekiedrukker. Bak vir 15 tot 20 minute of tot gaar.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shirley ·

I love your recipes but it is always such a battle to print them decently without all the advertising etc. How can I just print the recipes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.