Lewer 12 poffertjies
Bestanddele:
- 100 g fyngestampte biltong
- 250 ml volkoringmeel
- 250 ml koekmeel
- 30 ml bakpoeier
- 5 ml mosterdpoeier
- 5 ml sout
- 125 ml gerasperde Cheddarkaas
- 3 eiers
- 200 ml melk
- 100 ml olie
- 15 ml suurlemoensap
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn klein muffinpannetjie.
- Meng die biltong, volkoring- en koekmeel, bakpoeier, mosterd en sout in ʼn groot mengbak.
- Voeg die kaas by en roer dit deur.
- Klits die eiers, melk, olie en suurlemoensap saam en roer die mengsel liggies by die droë bestanddele in. Moenie te veel meng nie, net tot al die bestanddele gemeng is.
- Skep die muffinpannetjie-holtes driekwart vol en bak dit vir ongeveer 20 minute.
Bron: Lekker & Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vallei van melk en heuning, Riana Scheepers)