Soorte resepte:

Resep-video: Plaasdiertjies

Skapie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Moet jy een van die dae ʼn partytjie aanbied? Hierdie kolwyntjie-diertjies sal ʼn kinderhart gelukkig maak!

SKAPIE

Bestanddele

  • 1 kolwyntjie, versier
  • 1 groot Rolo
  • 20 klein wit malvalekkers
  • 1 swart Jelly Bean-lekker

Metode

  1. Druk die Rolo vas aan die voorkant van die kolwyntjie. Pak die malvalekkers regoor die res van die kolwyntjie om die “wol” te maak.
  2. Knip ʼn klein stukkie wit malvalekker en ʼn klein stukkie van die swart Jelly Bean-lekker en plak dit op mekaar, vir eetbare ogies.

Varkie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

VARKIE

Bestanddele

  • 1 kolwyntjie, versier
  • 1 pienk malvalekker
  • pienk sprinkels
  • 4 sjokoladekrummels
  • 1 klein wit malvalekker

Metode

  1. Knip die malvalekker in drie dun sirkels. Hou die eerste sirkel wat jy afknip eenkant en sny die ander twee in die helfte. Trek die geknipte twee effens aan die punte en druk dit met ʼn taai kant in die sprinkels. Plaas die twee oortjies aan die bokant van die kolwyntjie.
  2. Plaas nou die eerste malvalekker-sirkel wat jy geknip het aan die onderkant van die kolwyntjie vir die varkie se snoet. Druk twee sjokolade krummels daarin.
  3. Knip twee klein sirkels uit die klein malvalekker, plaas twee sjokoladekrummels daarin en gebruik dit as oë.

Ystervarkie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

YSTERVARKIE
Bestanddele

  • 1 kolwyntjie, versier
  • 1 swart Jelly Bean-lekker
  • 2 sjokoladekrummels
  • pretzel-stokkies

Metode

  1. Druk die Jelly Bean-lekker vas aan die voor kant van die kolwyntjie. Plaas die sjokoladekrummels bokant dit vir die “oë”.
  2. Breek die stokkies sodat dit sowat 5 cm lank is (afhangend van jou kolwyntjie se dikte) en druk dit oral in die kolwyntjie.

Skilpadjie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

SKILPADJIE

Bestanddele

  • 1 kolwyntjie, versier
  • 1 wit malvalekker
  • 4 groen suurwurms
  • 2 jellielekkers
  • 2 sjokoladekrummels

Metode

  1. Knip ʼn dun sirkel uit die malvalekker uit en plaas dit in die middel van die kolwyntjie.
  2. Knip twee klein stukkies en twee langer stukkies van die suurwurm af. Plaas die twee kort stukkies aan die agterkant as pootjies en die twee langes voor. Rek die langes ʼn bietjie en gee dit ʼn effense buig.
  3. Plaas die een jellielekker voor tussen die langer bene en druk twee sjokolade krummels in aan weerskante vir ʼn kop.
  4. Plaas die laaste jellielekker bo-op die malvalekker vir ʼn dop.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ander Annie ·

Dit is te oulik vir woorde. Dankie Maroela. Hierdie Ouma gaan lekker speel saam met haar poppelopsie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.