Dié resep is smelt-in-die-mond lekker en sal enige sjokoladeliefhebber se hart vinniger laat klop!
Lewer 3 groot lawakoekies
Bestanddele
- 1 x sjokolade-muffinmengsel, genoeg vir 12 muffins (en bykomende bestanddele)
- 2 x Lindt-sjokoladeballe per muffin
- versiersuiker
Metode
- Maak die muffinmengsel aan volgens die aanwysings op die pakkie.
- Spuit ʼn blikbeker met kossproei of voer dit met botter uit. Skep lepelsvol muffinbeslag tot driekwart in die blikbekers. Bak dit vir die aangewese tyd volgens die muffinmengsel-pakkie. Laat dit heeltemal afkoel.
- Gebruik ʼn teelepel en kerf ʼn deel van die muffin se bokant af, maar hou dit eenkant.
- Gebruik die gat wat jy aan die bokant van die muffin gemaak het en hol die muffin effens uit om spasie te maak vir die Lindt-balle. Wees versigtig om nie die kante van die muffin te breek nie. Hou die stukkies muffin wat jy uithaal eenkant vir later.
- Sit twee sjokoladeballe binne-in die muffin (as jou muffin kleiner is, kan jy slegs een gebruik). Vul die orige spasies met die stukkies muffin wat jy eenkant gehou het en plaas dan weer die afgeskerfde bokant op sodat die muffin weer heel lyk.
- Mikrogolf die lawakoek net voor jy dit wil opdien vir 15-20 sekondes op hoog om die sjokolade binne-in te laat smelt. Sif versiersuiker oor en dien dadelik op.
Resep: Janie Monsieur
sjoe, dit lyk baie lekker