Soorte resepte:

Resep: Aartappelskille met suurroom-en-grasui-doopsous

Aartappelskille met suurroom-en-grasui-doopsous (Foto: Lapa uitgewers)

Almal is mos maar lief vir aartappel, maar dié resep neem aartappel na die volgende vlak: heerlike warm, bros aartappels met ʼn hemelse sousie.

Bestanddele

  • 6 aartappels
  • ¼ koppie (60 ml) Clover Springbok-botter, gesmelt
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Doopsous

  • 1 k (250 ml) suurroom
  • 2 t (10 ml) gesnipperde vars grasuie
  • 1 t (5 ml) vars lemmetjie- of suurlemoenskil
  • 1 t (5 ml) vars lemmetjie- of suurlemoensap
  • ½ t (3 ml) rooipeper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

OPSIONEEL

  • ½ k (125 g) Clover Cheddarkaas
  • 3 jalapeno brandrissies, fyn gesny
  • ʼn paar takkies koljanderblare

Metode

  1. Draai elke aartappel in foelie toe en bak op ʼn baie warm braai tot gaar. Sny in wiggies.
  2. Sny die aartappelvlees uit die skil, maar maak seker om ʼn rand van ½ cm te los. Behou die aartappelvlees vir latere gebruik (soos vir viskoekies).
  3. Verf gesmelte botter oor die aartappelskille en geur met sout en peper.
  4. Rooster op die braai of bak in ʼn oond tot die aartappelskille bros is.
  5. Meng al die bestanddele vir die doopsous en geur na smaak. Bedien by die warm aartappelskille.

OPSIONEEL

  1. Smeer van die bros aartappelskille lekker dik met van die suurroom-mengsel en rond met jalapeno-brandrissies en Cheddarkaas af. Plaas onder ʼn baie warm rooster vir 1 tot 2 minute. Garneer met koljanderblare en sit voor.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Bykosse, Groentegeregte, Voorgeregte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae