ʼn Toetsnaweek soos min lê voor met die voorste 16 lande ter wêreld en ook Rusland en Kanada wat Saterdag en Sondag teen mekaar te staan kom.
Lees meerAlles vir Donderdag 7 Junie 2018
Powere Junior Bokke ruk reg, haal halfeindronde
Die Junior Springbokke het Donderdagaand in Narbonne ʼn nagmerrievertoning in die eerste helfte teen Frankryk opgedis maar desondanks vir die halfeindronde gekwalifiseer.
Padtoets: Tweede skoot in die kol
Subaru het ʼn paar jaar gelede die eerste XV bekendgestel. Hulle was baie trots op hul voertuig – maar hy was nie oortuig met die ontwerp nie, skryf Brendan Staniforth. Nou is die nuwe XV beskikbaar – en dit lyk stukke beter.
Miljoene benodig om befondsing van politieke partye te monitor
Dit kom nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof verlede jaar beslis het die parlement moet binne die volgende 18 maande voorsiening maak dat politieke partye die bronne van hul private befondsing openbaar moet maak.
NUM dreig om Eskom tot ‘algehele stilstand’ te bring
Die National Union of Mineworkers (NUM) het Donderdag geëis dat Eskom tot algehele stilstand gebring word nadat loononderhandelinge met die kragvoorsiener weer misluk het.
Oudlanddros in die beskuldigingsbank
ʼn Voormalige landdros van Mpumalanga het Donderdag in die landdroshof in Nelspruit verskyn – dié keer in die beskuldigingsbank.
Man sit lewenslank vir gru-moord op ‘heldhaftige seun’
Die sesjarige wou sy ma beskerm toe die veroordeelde haar probeer verkrag het.
Klein Ruan (1) sterf: ‘Ons is stukkend, maar God bring troos’
“Ons het net geweet: Daar was niks wat ons kon doen nie; dit was tyd soos die Here dit bepaal het.”
ToekomsVenster: Jesus leer ons van God se sorg
Wat doen julle as gesin met die Onse Vader?
Pa oor seun se skietdood: ‘Dit sal vir ewig by my spook’
Maroela Media het vroeër berig die pa het buite sy seun se skool in die motor aan die slaap geraak, toe sy seun aan die ruit geklop en hy sy seun per ongeluk doodgeskiet het, aangesien hy gedink het hy word gekaap.
Verkeersbeampte vas ná hy glo op kinders losbrand
“Daar het ʼn woordewisseling tussen hulle en die beampte ontstaan, en die beampte het hulle met sy voertuig begin jaag.”
Die wêreld in foto’s – 7 Junie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.
Eddie Jones verras met sy Engelse span
Rugbyafrigters laat ʼn mens deesdae kwaai kopkrap.
ANC in KZN kry groenlig vir konferensie
Die hoogste besluitnemingsliggaam van die ANC het Donderdag gesê hy is vol vertroue dat sy KwaZulu-Natal-streek gereed is vir die naweek se provinsiale konferensie.
Coligny-moordsaak getuie: ‘Ek het aanvaar ek gaan doodgaan’
“Jy kon sien daar is baie bloed as die bakkie skud.”
Dokumentêr ondersoek Australië se krieketkultuur
In die nuwe dokumentêr, “Crossing the Line”, sien jy hoe die toetsreeks soos ʼn sepie ontvou. Die dokumentêr het kommentaar van legendes soos Shaun Pollock, Graeme Smith, Michael Holding, Shane Warne en talle ander.
Van Breda-vonnis verwelkom
“Dit was ʼn lang drie jaar.”
Aanklagte teen Phahlane en kie teruggetrek
Die korrupsie-aanklagte teen Khomotso Phahlane, voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, en sy twee medebeskuldigdes is teruggetrek.
Eerste bondeltjie vir Afrikaanse rocksanger en sy vrou
Die egpaar het hul seuntjie Thys genoem.
Trump skeld vrou vry van vonnis ná Kim-vergadering
“Hoewel die regering altyd baie streng teen misdaad gaan optree, glo ons aan tweede kanse vir diegene wat hulle skuld aan die samelewing betaal het en hard gewerk het om hulself in die tronk te verbeter.”