Taaltoffie ondersoek die gebruik van “beter” en “beste”
Alles vir Donderdag 7 Junie 2018
Wrak van vermiste vliegtuig gekry
Die wrak van die Keniaanse vliegtuig wat Dinsdagaand met tien persone aan boord vermis geraak het, is opgespoor.
Nuuskommentaar: Ramaphosa en die Afrikanerbond-eeufees
Sekerlik die belangrikste aspek van die Afrikanerbond (AB) se eeufees wat op die oomblik gevier word, is vanaand se toespraak van pres. Cyril Ramaphosa voor die AB se hoofraad. Mag dié geleentheid nie verbrou word soos die toesprake van voorgangers waar die woorde hol geblyk te gewees het nie.
Resep: Aartappelskille met suurroom-en-grasui-doopsous
Almal is mos maar lief vir aartappel, maar dié resep neem aartappel na die volgende vlak: heerlike warm, bros aartappels met ʼn hemelse sousie.
Rowers slaan toe op Oos-Rand-polisiestasie
ʼn R5-geweer en twee magasyne is tydens die voorval gesteel.
WB-aanspraakskandale skud WR wakker
Dit wil lyk of vanjaar se skandale in die Europese en Oseaniese aanspraakstryde, met die oog op deelname aan die toernooi om die Wêreldbeker (WB) aanstaande jaar in Japan, uiteindelik die sluimerende Wêreldrugby (WR) wakker geskud het.
Henri van Breda vandag gevonnis
“Hy is nou ʼn jong man, so hy gaan dalk in sy 40’s wees as hy in aanmerking kom vir parool.”
Só lyk res van pad na Wêreldbeker 2019 nou
Met die Wêreldbeker 2019 se Europese aanspraakdebakel ná twee en ʼn halwe maande uiteindelik uit die weg geruim, kan ʼn duidelike prentjie van die oorblywende aansprake gevorm word.
Vandag se sportnuus
Die Springbokspan wat Saterdag in die eerste toets teen Engeland in Johannesburg uitdraf, word vandag bekendgemaak.
Daar’s niks fout met mislukking nie
Wanneer dinge verkeerd gaan – en dit sal – wys jou aanvaarding en ondersteuning. Laat jou kind weet dat almal foute maak en dat foute nie noodlottig is nie… al voel dit dalk asof sy kan sterf van verleentheid.
Motsoeneng hoor oor appèlaansoek
Die appèlhof het uitspraak gelewer in Hlaudi Motsoeneng, die omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, se aansoek om verlof tot appèl.
Jason Rohde-saak: ‘Staat se bevindings is foutief’, sê verdediging
Reggie Perumal, forensiese deskundige wat deur Jason Rohde aangestel is, het getuig dat heelwat van die staat se bevindings ná hul outopsie foutief was en het ook beweer daar is foute begaan met die berekenings op die misdaadtoneel om die tyd van dood te bepaal.
Swart leerders ly weens die swak onderwysstelsel
Suid-Afrikaanse onderwys beleef ’n krisis. Ons kinders bly agter ten opsigte van lees-en-skryf-vaardighede en gesyferdheid in vergelyking met ander vergelykbare lande en dit is ’n ope vraag hoe goed ons skole jong mense vir die terrein van universiteitstudie of werk voorberei.
OB: ‘Dís hoekom ek nie by vergadering was’
“Ten spyte van die kort kennisgewing was sy van plan om die vergadering by te woon en het sy reisreëlings getref.”
Gedagte vir die dag: Verander jou lewe deur reg te praat
“So seker as Ek leef,” sê die Here, “Ek sal met julle maak soos Ek julle hoor sê het.” (Numeri 14:28)