Dié tuisgemaakte soet-sout energiestafie is perfek vir ʼn kosblik óf ʼn peuselhappie as jy te besig raak by die werk.
Bestanddele:
- 1 koppie Rice Krispies
- ½ koppie amandelskywe
- 1 koppie gemengde neute
- ½ koppie sonneblomsade
- ½ koppie gedroogte bosbessies
- 1 teelepel sout
- ⅓ koppie heuning
- 200 g donker sjokolade, gesmelt
Metode:
- Meng al die bestanddele, behalwe die sjokolade, saam en roer goed.
- Skep in uitgevoerde oondbak en druk plat.
- Bak vir 30 minute teen 160 °C.
- Laat afkoel vir 1 uur.
- Smeer gesmelte sjokolade oor die gebakte mengsel.
- Laat dit afkoel vir 15 minute.
- Haal die hele soliede blok uit die oondbak en sny in stafies.
Resep: Janie Monsieur