Soorte resepte:

Ou Ma Be se Mosterd

Jeanetta van Staden het vir ons hierdie resep gestuur. Sy skryf:

My ma Bettie het altyd hierdie mosterd gemaak, veral as daar vark geslag is.  Dit is oorspronklik twee resepte wat sy saam gevoeg het en dit maak n heerlike soet suur mosterd.  Dit is lieflik saam met varkvleis, tong, skaapvleis en kan selfs as ‘n doopsous gebruik word.  Dit bly ‘n algehele wenner!!

Bestanddele:      

Eerste Mengsel

1 Eier

4 t Droe Mosterd poeier

1/2  K Wit asyn

4 t Witsuiker

Knippie sout

 

Tweede Mengsel

1 Blik Kondensmelk

1/2  Witasyn

1/2 K Kookolie

Rooipeper na smaak

2 T Droe mosterd poeier

1 Eiergeel

 

Metode:      

Eerste Mengsel

Meng mosterd poeier in asyn tot mooi opgelos. Klits eier goed. Gooi alle bestandele in n dikboomkastrol en kook oor lae hitte.  Roer aanhoudend om te verhoed dat dit klonte maak. Kook tot net dik en haal af van hitte. Laat afkoel.

Tweede Mengsel:

Los mosterd poeier in asyn op. Klits eiegeel liggies. Klits alle bestandele goed saam. Voeg by afgekoelde eerste mengsel en klits goed.

 

 

 

 

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae