Soorte resepte:

Resep: Biltongkonfyt

biltongHierdie resep is oorspronklik gepubliseer in die resepteboek, Kokkedoor Versamelresepte 2. Die deelnemer Josia het die resep beskikbaar gestel.

Josia het die eerste keer biltongkonfyt in ‘n deli op Stellenbosch raakgeloop en dit as inspirasie gebruik vir hierdie besonderse bolaag. Heerlik saam met tuisgebakte brood en braaivleis.

Resep is genoeg om 500 ml biltongkonfyt te maak.

Bestanddele:
250 ml fyn biltong
250 ml lemoensap
250 ml kweperjellie
2 ml fyn koljander
2 ml fyn vinkelsaad
30 ml bruinsuiker

Metode:

  1. Meng al die bestanddele in ‘n swaarboomkastrol.
  2. Laat oor matige hitte prut tot die mengsel begin dik word. Moet dit nie te lank laat prut nie, want wanneer afgekoel, moet dit soos ‘n dik stroop lyk.
  3. Skep in ‘n fles en laat afkoel.

Resep oorspronklik gepubliseer in Kokkedoor 2
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R265-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.