ʼn Heerlike happie om vir die gaste voor te sit wanneer jy moeg is vir soetgoed.
Lewer 16 blokkies
Bestanddele
- 5 ml macadamia- of kanolaolie
- ½ middelslag-ui, fyngesny
- 125 ml gesnyde sampioene
- 250 ml gesnyde soetrissie
- 80 ml kersietamatiekwarte
- 30 ml gesnyde vars pietersielie
- 1,25 ml swart- of reënboogpeper
- 180 ml hamblokkies
- 4 groot eiers
- 250 ml laevetmelk
- 125 ml gerasperde patats (met pers skil)
- 45 ml glutenvrye meel
- 180 ml gerasperde kaas
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ʼn middelslag-oondbak liggies met olie.
- Vlakbraai die ui, sampioene en soetrissie in 5 ml olie tot sag. Voeg die tamatie, pietersielie, peper en ham daarby.
- Klits die eiers en melk in ʼn groot mengbak. Roer die patats, meel en groentemengsel daarby.
- Giet in die oondbak. Sprinkel die gerasperde kaas daaroor. Bedek met die aluminiumfoelie en bak 30 minute. Haal foelie af en bak nog 15-20 minute tot gaar.
- Sny in ongeveer 16 blokkies en sit warm voor saam met koolslaai met romerige sous.
Uit Gesonde Kosblikke, Lapa-uitgewers, Martie Hofmeyr en Janet Wiegand