Maroela Media-leser André Marais sê die voorraad in sy koskaste was eendag skraps toe hy as uitweg sommer al die orige bestanddele daarin bymekaargegooi het. “Die kinders het dit so geniet, en dit is toe armman-slaai gedoop!” Marais sê dié maklike slaai smaak lekker saam met enige dis.
Bestanddele
- 1 blikkie baked beans
- 2 vars tamaties in blokkies gesny
- 1 groot ui in blokkies gesny
- cheddarkaas in blokkies gesny, na smaak
- 4 e mayonnaise, of na smaak
Metode
1. Gooi al die bestanddele in ’n slaaibak en roer deur.
Stuur vir ons jóú familieresep hier.
So eenvoudig. Dit klink vreeslik lekker!
Nog ‘n maklike ene: blikkie gebakte boontjies in tamatiesous, so 2-3 ryp piesangs in skyfies gesny , mayo, meng als en siedaar! Heerlik by braaivleis!
2 blik baked beans 3 piesangs gesny + 350ml fruit yogurt meng alles saam
dis hom
n Blikkie chakalaka daarby maak dit ook vreeslik lekker.