Soorte resepte:

[Video] Piesang-en-karamelspringmielies-smoothie

Suzelle

Foto: ‘n Skermskoot uit die video

Suzelle DIY het ʼn gesogte gas in haar jongste video. Jan-Hendrik van der Westhuizen, ʼn Suid-Afrikaanse sjef en restaurateur wat tans in Frankryk woon, het vir Suzelle kom wys hoe om ʼn heerlike smoothie te maak. Jan-Hendrik is die eerste Suid-Afrikaanse sjef wat ʼn Michelin-ster ontvang het. Lees die volledige storie hier.

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela. Sluit by haar YouTube-kanaal aan. Besoek haarFacebook-blad.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Só maak mens, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Thersia ·

Maroela jul vertaling is bietjie verkeerd dit is piesang-en-karamelspringmielie smoothie as ek dit reg het….

Landi Malan ·

Dagsê Thersia,

Dankie dat jy ons daarop gewys het. Die opskrif is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.