Bestanddele:
- ½ koppie koeskoes
- ½ koppie water, gekook
- grasuie
- sout en peper
- druiwe
- tjoppies, dun gesny
- olyfolie
- basiliekruid-pesto
- blatjang
Metode:
- Maak die koeskoes gaar deur water daarin te gooi en dit vir ʼn paar minute te laat staan.
- Snipper grasuie daarin vir geur.
- Gooi die druiwe in die koeskoes en roer dit deurmekaar. Geur met sout en peper.
- Plaas die tjoppies op ’n rooster wat bo-op ʼn oondbak geplaas is.
- Gooi olie oor die tjoppies en bak vir ongeveer 20 minute, of tot gaar.
- Terwyl die tjoppies in die oond is, dop die koeskoes-en-druiwemengsel uit op ʼn bord. (Sien video)
- Wanneer die tjoppies gaar is, smeer basiliekruid-pesto en blatjang oor en pak dit om die koeskoes-hopie.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei: