Mense het ʼn idee dat hoendersop iets is wat na papgekookte groente proe en wat mens eet as jy siek is. Hierdie hoendersop sal jou anders oortuig.
Bestanddele:
6 hoenderdye, met of sonder vel
1 pak klaar voorbereide fyn gesnyde sopgroente
3 aartappels, in klein blokkies gesny
3 selderystingels, in klein stukkies gesny
1 blik gekapte tamaties
1 blik klappermelk
500 ml vars room (of vervang met Bulgaarse jogurt)
2 knoffelhuisies, gekap
½ pakkie bruinuiesoppoeier
½ pakkie chakalaka-soppoeier
½ pakkie songedroogde tamaties in olyfolie
Sout
Kookwater
Metode:
- Braai die hoender tot lekker bruin.
- Sit die hoender saam met al die ander bestanddele in ʼn stoompot en kook onder druk vir so 1 ½ uur.
- Vis die hoender uit, verwyder die bene en sny in fyn stukkies.
- Gooi die hoender net so terug by die sop vir growwe hoendersop, of maak die sop sonder die hoender fyn in ʼn voedselverwerker en gooi dan die hoenderstukkies terug.
- Maak weer deurwarm en bedien.